Leo Bozell is nou amptelik die Amerikaanse ambassadeur in SA
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Bozell III, het sy geloofsbriewe amptelik saam met die ambassadeurs van 19 ander lande aan president Cyril Ramaphosa oorhandig.
Netwerk24 berig Ramaphosa het Woensdag by die presidensiële gastehuis in Pretoria die geloofsbriewe aanvaar.
Bozell sê hy wil ’n rol daarin speel dat Amerika en Suid-Afrika hul bande versterk, en het voorheen aangedui dat Amerikaanse president Donald Trump se geduld met Ramaphosa se administrasie min raak. Hy het verwys na vrae van die Amerikaanse regering wat in meer as ’n jaar nog nie beantwoord is nie.
Met die oorhandiging van die geloofsbriewe is die ambassadeurs amptelik in die land bekragtig.








Comments