Liebenberg het nie ‘n psigiatriese toestand nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 14
- 1 min read
Die vermeende diamantsmokkelaar Louis Liebenberg is toerekeningsvatbaar verklaar en kan sy verhoor volg.
Maroela Media berig sy psigiatriese verslag is in die hofrekord van die Bronkhorstspruit-landdroshof ingelees nadat hy in die Weskoppies-psigiatriese hospitaal vir waarneming was.
Volgens die verslag is geen psigiatriese toestand by die 62-jarige Liebenberg gediagnoseer nie. Liebenberg en sy vrou, Dezzi, is in Oktober 2024 in hegtenis geneem en staan saam met sewe medebeskuldigdes tereg op 127 aanklagte, waaronder rampokkery.
Liebenberg is al langer as twee jaar in aanhouding nadat hy twee afsonderlike borgtogaansoeke laat vaar het.








Comments