top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Liebenberg: Mashatile se diamant moet ondersoek word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die diamant wat die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg aan adjunkpresident Paul Mashatile se vrou gegee het, moet deur die parlementêre komitee oor die presidensie ondersoek word. ʼn Skriftelike versoek tot dien effek is aan die speaker van die Nasionale Vergadering gerig.


Mashatile is vroeër skuldig bevind dat hy nie die diamant, glo ʼn geskenk wat aan sy vrou gegee is, verklaar het nie. Die etiekkomitee het Mashatile vir dié versuim met R10 000 beboet.


Maroela Media berig verder daar is egter steeds talle vrae onbeantwoord, wat nie deur ander parlementêre meganismes beantwoord kan word nie. Dit sluit in die presiese oorsprong van die vriendskap tussen Liebenberg en die Mashatile en sy vrou; die oorsprong, aard en waarde van die diamant; en Liebenberg se motivering om die diamant aan Mashatile se vrou te gee en of hy op enige manier politieke voordeel daaruit getrek het.


Die omstrede sakeman, Liebenberg, staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.


Paul Mashatile en sy vrou, Humile Mjongile. FOTO: Maroela Media
Paul Mashatile en sy vrou, Humile Mjongile. FOTO: Maroela Media

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page