top of page

Louis Liebenberg wil nie Weskoppies toe nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die vermeende Ponzi-bedrieër, Louis Liebenberg, het ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien om die bevel van die landdros in Bronkhorstspruit tersyde te stel. Hiervolgens moet hy vir waarneming na die Weskoppies Psigiatriese Hospitaal verwys word.


Netwerk24 berig hy het ook gevra dat die betrokke landdros haar aan sy saak moet onttrek omdat sy “bevooroordeeld” is.


Dit kom nadat die landdros in Augustus verlede jaar beveel het dat Liebenberg vir 30 dae psigiatriese waarneming verwys moet word weens sy ontwrigtende en oneerbiedige optrede. Sy het aanvanklik gelas dat hy deur die distriksgeneesheer ondersoek moet word.


Dié het bevind Liebenberg is wel toerekeningsvatbaar, maar die landdros het hom toe vir waarneming verwys. In Januarie was hy 41-ste op die waglys.


Liebenberg se regspan voer aan dié bevel was onregmatig en in stryd met die Grondwet.


Louis Liebenberg. FOTO: Maroela Media
Louis Liebenberg. FOTO: Maroela Media

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page