Maatreëls om die verspreiding van bek-en-klouseer te stop gaan geimplementeer word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 5
- 1 min read
Die Departement van Landbou sê hulle sal maatreëls implementeer om die verspreiding van bek-en-klouseer in die land te stop. Dit volg op die jongste uitbreking van dié siekte onder beeste in Gauteng. Van die riglyne wat die departement gaan uitreik sal ondermeer die beweging van vee in die land beheer, dit alhoewel streng beperkings reeds in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in plek is. Die beheermaatreëls sal van toepassing wees op diere met gesplete hoewe soos beeste, skape, varke en bokke.





Comments