Maatskaplike Ontwikkeling verwelkom die nuwe minister se aanstelling
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 2
- 1 min read
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê dit verwelkom die aanstelling van Dina Pule as die nuwe minister ná President Cyril Ramaphosa se veranderinge aan die Nasionale Uitvoerende Gesag.
Pule is Woensdag saam met ander nuwe ministers en adjunkministers by die Uniegebou in Pretoria beëdig.
Die departement sê hy sien uit na haar leierskap om Suid-Afrika se maatskaplike ontwikkelingsagenda te bevorder en ondersteuning aan kwesbare gemeenskappe te versterk.
Die departement het ook sy waardering uitgespreek teenoor waarnemende minister Sindisiwe Chikunga, wat sedert 14 Mei diens gedoen het.
Rosestad-nuus het vroeër berig kenners meen iemand met Pule se rekord hoort naby 'n kabinet nie.








Comments