Macua betuig hul meegevoel ná kinders in die Vrystaat verdrink

Sep 4
1 min read
Die mynboubelangegroep Macua het sy meegevoel betuig nadat twee kinders glo in myndamme in die Vrystaat verdrink het.
Macua doen ’n beroep op ’n onmiddellike ondersoek na die omstandighede rondom die kinders se dood.
Dit wil hê dat die owerhede moet vasstel wie die damme besit en of voldoende heinings, waarskuwingstekens en ander veiligheidsmaatreëls in plek was.
Die nasionale sekretaris van Macua se jeugvleuel, Oratile Mogotsi, sê enigiemand wat bevind word dat hulle versuim het om hul pligte na te kom, moet aanspreeklik gehou word.
LUISTER HIER:
260904nOratile-Mogotsi_deaths








Comments