Madlanga-kommissie: Good-party vra vir 'n permanente tribunaal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die Good-party se Kaapstadse burgemeesterskandidaat, Brett Herron, wil hê die Madlanga-kommissie moet in ’n permanente polisie-integriteitstribunaal omskep word.
Hy sê die tribunaal kan korrupte amptenare help uitwis en beweerde samewerking tussen polisie en bendes ondersoek.
Herron wil ook hê die terugtrekking van korrupsie-aanklagte teen ’n voormalige Kaapstadse burgemeesterskomiteelid, die stad se konstruksiemafia en ander beweerde ongerymdhede moet ondersoek word.
Hy sê Kaapstad benodig nasionale aandag weens sy gevestigde bende- en moordprobleem.








Comments