Malema en Mbalula se dagvaardigings is vir eers opgeskort

1 hour ago
1 min read
Die leier van die EFF, Julius Malema, en die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, se dagvaardings om in die hof te verskyn, is voorlopig opgeskort, hangende ’n hersiening van die besluit deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi.
Newsday berig dit is in 'n mediaverklaring deur AfriForum se Eenheid vir Privaatvervolging bekend gemaak.
Malema sou Maandag in die hof verskyn, en Mbalula Dinsdag.
Hulle staan tereg op aanklagte van crimen injuria nadat hulle skoolhoof Jaco Pieterse valslik as ’n kinderverkragter bestempel het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag het onlangs sy besluit bevestig om hulle te vervolg.









Comments