Malema mag steeds in die parlement dien
- Saamgestel deur Jana Roos

- Apr 19
- 1 min read
Regs- en grondwetlike kenners sê die EFF-Leier, Julius Malema, kan steeds as 'n Lid van die Parlement dien totdat al sy regsopsies uitgeput is.
SABC-nuus berig vrae het ontstaan oor Malema se posisie nadat hy in die landdroshof in KuGompo tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is vir die oortreding van die vuurwapenwet. 'n Grondwetkenner van die Universiteit Stellenbosch, Tanveer Jeewa, sê Malema kan steeds as 'n LP dien.
Sy vonnis moet eers bevestig word deur die laaste hof waar hy geappelleer het voordat hy nie meer as LP kan dien nie. Volgens Jeewa kan so 'n appèlproses baie lank duur.








Comments