Man wat ouers en suster vermoor kry lewenslange tronkstraf
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 23, 2025
- 1 min read
Die 43-jarige Eugene Botha, wat sy pa, ma en suster op die laaste dag van 2023 vermoor het, is tot drie lewenslange termyne gevonnis. Hy is ook tot 10 jaar vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, vyf jaar vir die onwettige besit van ammunisie en drie jaar vir regsverydeling gevonnis. Botha het beken dat hy sy familie vermoor het. Die liggame van Johannes, Soné en Marrie Botha is op Nuwejaarsdag verlede jaar in Elsburg naby Germiston agterop ‘n bakkie gevind. Botha is kort daarna in hegtenis geneem.







Comments