Mangaung-gemeenskapspatrolleerders kry nuwe wiele
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 7
- 1 min read
Gemeenskapspatrolleerders in Mangaung het nuwe toerusting ontvang nadat die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum as die Vrystaat se CPF van die Jaar aangewys is.
As deel van die toekenning is verskeie hulpmiddels aan die patrolleerders oorhandig, insluitend fietse, helms, reflektorbaadjies, pette, lanterns en fluitjies.
Die toerusting is geborg deur Coca-Cola om gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe te ondersteun.
Polisie en CPF-leiers sê die bykomende hulpbronne sal help om patrollies te versterk en misdaad in gemeenskappe te bekamp.
Volgens die polisie kan die Mangaung CPF se werk as ’n voorbeeld dien vir ander forums in die provinsie.








Comments