top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mangaung-inwoners braak gal oor Centlec se maandelikse heffing

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22
1 min read

Inwoners van die Mangaung-metro braak gal oor Centlec se goedgekeurde vaste maandelikse heffing van R50 op elektrisiteitsaankope en verhoogde bloktariewe vir energieverbruik.


Netwerk24 berig kritiek sluit in dat selfs dié basiese koste buite bereik van arm huishoudings is.


Die jongste elektrisiteitstariefverhogings tree op 1 Julie in werking. Die nuwe syfers is voor BTW, wat beteken dat die finale bedrag wat inwoners betaal nog hoër sal wees. Die tariefverhogings kom te midde van verdere kommer oor dienslewering in die metro.


Rosestad-nuus het vroeër berig dat groot wateronderbrekings vir onderhoudswerk vir 23 en 24 Junie aangekondig is.


FOTO: ActionSA
FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page