Mangaung-inwoners moet nou vir vooafbetaalde water meer opdok
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 25, 2025
- 1 min read
Inwoners van die Mangaung-metro wat vooafbetaalde water gebruik, gaan moet opdok. Dit kom nadat die metro op 1 Julie ‘n kennisgewing uitgestuur het wat lui dat waterverbruikers nou ook ‘n beskikbaarheidsheffing vir dié meters gaan betaal.
Volgens Bloemnuus sê DA-raadslid Frans Bothma was dit nog altyd in die metro se begroting, maar die betaling vir voorafbetaalde meters is nooit in werking gestel nie, tot nou.
Dit beteken dat verbruikers vir voorafbetaalde water van 1 Julie af ‘n ekstra R60,66 betaal, nog voordat hulle water kry. Iemand wat dus R100 se water wil koop, betaal nou R160,66.
Hierdie betaling word in gebruik geneem bykomend tot die 11%-verhoging in die tariewe op water wat ook van 1 Julie af geld.
Bothma sê die bykomende heffing gaan ‘n ekstra las plaas op inwoners wat reeds geldelik sukkel.
Verder betaal inwoners vandeesmaand 12,4% meer vir elektrisiteit.






Comments