Mangaung-studenteverblyfverskaffers moet bouregulasies nakom
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Nakoming van bouregulasies in die Mangaung Metro Munisipaliteit is nie onderhandelbaar nie.
So sê die munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, in ‘n Facebook-plasing ná gesprekke met verskaffers van studenteverblyf in die metro.
Nthatisi voeg by die gesprekke het Donderdag plaasgevind ná die Safer City Indaba wat onlangs deur die metro aangebied is.
Hy sê studente wat in Mangaung kom studeer bring miljoene rand na die stad, onder meer deur NSFAS en selfbefondsing.
Volgens Nthatisi moet verhuurders saam met die metro werk om te verseker dat studente veilige en geskikte verblyf het, en voeg by verhuurders moet egter ook hul kant bring deur munisipale regulasies na te kom en gelde aan die metro te betaal.
Intussen sal gesprekke met rolspelers oor ekonomiese ontwikkeling in Mangaung voortgaan.








Comments