Masemola se teenstrydige stellings laat die Madlanga-kommissie kop krap
- Armando Pieters

- Sep 23
- 1 min read
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se teenstrydige stellings het lede van die Madlanga-kommissie laat kop krap.
EWN berig vroeg in sy getuienis het Masemola gesê hy sal nie 'n instruksie van polisieminister Senzo Mchunu uitvoer as dit teen die wet is nie, soos die opdrag om onmiddellik die KwaZulu-Natalse polisiekorrupsietaakspan te ontbind. Later het hy egter bevestig hy het aan Mchunu se opdrag gehoor gegee.
Die voorsitter, Mbuyiseli Madlanga, was verwar deur Masemola se draadsit-benadering om 'n vorderingsverslag oor die sluiting van die funksies van die taakspan te voorsien.
Masemola sal na verwagting sy getuienis Dinsdag afsluit.





Comments