top of page

Mchunu beweer dat Mkhwanazi hom gedreig het

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, beweer dat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, hom gedreig het.


Mchunu het gister voor die ad hoc-komitee verskyn wat beweerde polisiekorrupsie ondersoek.


Die komitee het geluister na ‘n opname van ‘n selfoonoproep tussen Mkhwanazi en Mchunu se stafhoof, Cedrick Nkabinde. Mchunu sê hy het Nkabinde opdrag gegee om alle gesprekke tussen homself en Mkhwanzi op te neem omdat hy gevoel het dat dinge ernstig raak. Die minister sê dit wil voorkom asof die deel waar Mkhwanazi hom gedreig het se klank afgesny is.


LUISTER:



Intussen berig Netwerk24 Mchunu sê pres. Cyril Ramaphosa het saamgestem om die taakspan te ontbind.


Hy sê hy het vroeër vanjaar ’n kort inligtingsessie met Ramaphosa gehou hieroor, waar Ramaphosa sy goedkeuring daarvoor gegee het. Hy sê hy het nie hier sy redes vir die ontbinding verstrek nie.


Senzo Mchunu. FOTO: IOL
Senzo Mchunu. FOTO: IOL

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page