Mchunu moet steeds sy ANC-pligte uitvoer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 16, 2025
- 1 min read
Die minister van polisie, Senzo Mchunu, se spesiale verlof geld nie vir sy parlementêre of partyverantwoordelikhede vir die ANC nie.
So sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula. Dit kom nadat Mchunu homself Maandag weens dié spesiale verlof van ‘n vergadering van die Nasionale Werkkomitee (NWK) verskoon het.
Netwerk24 berig Mbalula het Dinsdag gesê Mchunu se spesiale verlof as minister van polisie raak nie die ANC se werksaamhede nie. Hy is nie as ‘n LP geskors nie, so hy sal die parlement bywoon en al die pligte uitvoer wat van hom as LP verwag word.
Volgens Mbalula is Mchunu steeds ‘n aktiewe NWK-lid en daar word verwag dat hy sy werk binne die ANC se strukture sal uitvoer.
Aangesien Mchunu nie strafregtelik deur enige wetstoepassingsagentskap aangekla word nie, geld die ANC se opsystaanreël nog nie.
Mbalula sê die ANC staan bankvas agter president Cyril Ramaphosa se besluit om ‘n kommissie van ondersoek in te stel na die beweerde politieke inmenging binne die polisie.






Comments