Mchunu-omstredenheid kan sy politieke loopbaan beeïndig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 15, 2025
- 1 min read
'n Politieke ontleder, Dirk Kotze, glo dat die huidige omstredenheid rondom die polisieminister, Senzo Mchunu, die potensiaal het om sy politieke loopbaan te vernietig.
Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa vir Mchunu Sondag op spesiale verlof geplaas het.
Dit is om ‘n kommissie van ondersoek die kans te gee om bewerings te ondersoek dat Mchunu in polisiewerk ingemeng het en met misdaadsindikate verbind word.
The Citizen berig Kotze sê dat Ramaphosa die beginsel van onskuldig totdat skuldig bewys, toepas.






Comments