top of page

McKenzie gaan nog nie as minister bedank nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Sep 30
  • 1 min read

Die leier van die PA, Gayton McKenzie, het aangekondig dat hy sy bedanking as minister van Sport, Kuns en Kultuur met ʼn paar uur uitstel.


Dit volg nadat daar ooreengekom is oor ʼn vergadering met ANC-leiers.


McKenzie het verlede week aangekondig dat hy vandag as minister sal bedank as sy party se adjunkleier, Kenny Kunene, nie as burgemeesterskomiteelid in die Stad Johannesburg heraangestel word nie.


Hy sal glo Dinsdagaand met verskeie ANC-leiers in gesprek tree.


Intussen sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, dat sou die PA die regering van nasionale eenheid verlaat, dit nie die regering sal laat ineenstort nie.


Gayton McKenzie. FOTO: Facebook
Gayton McKenzie. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page