Meer as ‘n duisend besighede sluit hul deure
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Sep 30
- 1 min read
Suid-Afrika het in terme van besigheidssluitings vanjaar die eenduisend-drempel oorskry.
Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se jongste likwidasiestatistieke.
Statistieke Suid-Afrika het in Augustus nog 127 likwidasies aangeteken, wat laer is as die 155 wat in Julie aangeteken is en af is van die 128 sluitings in dieselfde tyd verlede jaar.
Likwidasies tussen Junie en Augustus was egter 7.9% hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar.






Comments