top of page

Meer as twee mense word daagliks in die Vrystaat vermoor

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 24
  • 1 min read

Alhoewel die moordsyfer in die Vrystaat effens afgeneem het, is daar steeds gemiddeld meer as twee moorde per dag in die provinsie. Dit volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens se misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal. The Citizen berig die DA het in reaksie hierop gesê die party bly egter bekommerd dat die afnames moontlik ‘n gevolg is van wantroue in die strafregstelsel en nie noodwendig ‘n werklike vermindering in misdaad nie. Daarbenewens het die Vrystaat die tweede hoogste verkragtings per capita-verhouding in die land en het gedurende die gerapporteerde kwartaal meer as sewe verkragtings per dag ervaar. Die DA is van mening dat die Vrystaatse polisie ondersteuning in terme van hulpbronne benodig om misdaad te beveg.

 
 
 

Comments


bottom of page