Meer sigbare polisiepatrollies is vir Heuwelsig versoek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Meer sigbare polisiepatrollies en sekuriteit in Heuwelsig is gevra ná 'n aantal voorvalle en veiligheidskwessies in die gebied.
In 'n boodskap van die DA-raadslid vir Wyk 20, Corize van Rensburg, doen sy 'n beroep op inwoners om eerder kerke, skuilings en betroubare nie-winsgewende organisasies te ondersteun wanneer hulle mense wat op straat woon wil help.
Sy sê direkte skenkings van geld of kos kan onbedoeld daartoe bydra dat mense in woonbuurte saamkom, eerder as om toegang tot gestruktureerde ondersteuning soos skuiling en maatskaplike dienste te kry.
Van Rensburg sê inwoners kan steeds deernisvol wees terwyl hulle volhoubare oplossings ondersteun.








Comments