top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Menslike oorskot is toe vermiste joernalis, lewensmaat

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 5, 2025
  • 1 min read

DNS-toetse het bevestig die menslike oorskot wat verlede maand in Rust de Winter in Limpopo gevind is, is wel dié van ʼn joernalis en sy lewensmaat wat vroeër verdwyn het.

Die polisie het bevestig die oorskot is dié van Sibusisu Ndlovu en Zodwa Mdhluli. Polisiewoordvoerder brig. Athlenda Mathe sê albei families in kennis gestel.

Volgens Maroela Media verskyn die sewe verdagtes in dié saak in die KwaMhlanga-landdroshof op verskeie aanklagte.

Dit is nie bekend of enige van dié verdagtes op aanklag van moord tereg sal staan, en of daar na ander verdagtes in die verband gesoek word nie.

Ndlovu en Mdhluli is die laaste keer op 18 Februarie gesien.

 
 
 

Comments


bottom of page