Meta protesteer teen muis-opsporingsagteware
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 13
- 1 min read
Werknemers by Meta het ’n protes van stapel gestuur teen die maatskappy se besluit om muis-opsporingsagteware op hul rekenaars te installeer.
Die betogers het gister pamflette versprei wat ander aanmoedig om ’n petisie teen die maatskappy se besluit te teken.
Dit is die mees sigbare teken van ’n arbeidsbeweging binne die sosialemediamaatskappy.
Die protes kom ’n week voordat Meta, wat onder andere Facebook besit, na verwagting 10 % van sy werkers sal afdank.








Comments