Midde-Ooste: Die VSA loods nuwe aanvalle op Iran
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 28
- 1 min read
Die VSA het nuwe aanvalle in die suide van Iran uitgevoer, nadat president Donald Trump vroeër gedreig het om “die werk klaar te maak” as Teheran nie tot ʼn vredesooreenkoms instem nie.
Maroela Media berig volgens Iranse media het drie harde ontploffings Donderdagoggend in die hawestad Bandar Abbas opgeklink. Volgens die sentrale bevelsentrum van die Amerikaanse weermag is vier hommeltuie afgeskiet wat ʼn bedreiging rondom die Straat van Hormoes ingehou het.
Iranse media berig verder die Iranse Revolusionêre Wag het intussen ʼn Amerikaanse basis geteiken as vergelding vir die nuwe aanvalle.
Trump het Woensdag in die Withuis gesê Iran is vasbeslote om ʼn ooreenkoms te sluit, maar dat hulle nie tevrede daarmee nie. ʼn Sleutelfokus van die ooreenkoms is die herstel van volle verkeer in die Straat van Hormuz.








Comments