top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mini-tornado ruk dele van Pretoria

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 19, 2025
1 min read

ʼn Mini-tornado het erge skade in die Sinoville-omgewing van Pretoria aangerig. Maroela Media berig voorsitter van die Sinoville-brandbestrydingsvereniging (SBBV), JP Botha, sê die mini-tornado het van Doornpoort se omgewing ʼn spoor van verwoesting gesaai. Baie woonstelle se dakke en huise se sonpanele is afgewaai. Volgens hom is die inwoners van minstens 15 woonstelle dakloos gelaat. Hy sê in Doornpoort en Magalieskruin word dieselfde probleme aangemeld, met dakteëls wat afgewaai het. Lede van die SBBV is besig om die spoor, wat die tornado gevolg het, na te gaan om die omvang van die skade te bepaal. Hulle is ook op die uitkyk vir kragdrade wat dreig om om te val. Die brandweer en rampbestuurspanne is ook ontplooi.

 
 
 

Comments


bottom of page