Minstens 12 mense is in die UPS-vragvliegtuigongeluk oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 6, 2025
- 1 min read
Die dodetal van die UPS-vragvliegtuig wat neergestort het terwyl dit vanaf ‘n lughawe in Kentucky in die Verenigde State opgestyg het, het tot ten minste 12 gestyg.
Die vragvliegtuig het vroeër die week ontplof toe dit Louisville Muhammad Ali Internasionale Lughawe verlaat het.
Luidens berigte het die linker enjin aan die brand geslaan en tydens opstyg van die vlerk geval.
Kentucky se goewerneur, Andy Beshear, sê die dodetal kan steeds styg, terwyl owerhede bevestig het dat ongeveer ‘n dosyn ander ernstig beseer is.
BBC berig ondersoekbeamptes het die vlugdata-opnemer uit die wrak herwin om die oorsaak van die ongeluk te help bepaal.







Comments