Mkhwanazi bly vir nog vyf jaar polisiehoof in KZN
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 30
- 1 min read
Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi sal nog vyf jaar as polisiehoof in KwaZulu-Natal dien.
Netwerk24 berig die polisie het in ’n verklaring bevestig dat ná oorlegpleging met die premier van die provinsie, Thami Ntuli, Mkhwanazi met ’n vaste kontrak vir die volgende vyf jaar heraangestel is. Die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, het Mkhwanazi voorspoed toegewens.
Mkhwanazi het in verlede jaar vir groot opskudding gesorg met sy onthullings oor beweerde korrupsie in die strafregstelsel. Dit het onder meer gelei tot die Madlanga-kommissie, wat dié bewerings van korrupsie in die polisie, asook politieke inmenging ondersoek.








Comments