MMM vermoed 'n sindikaat in die onwettige verkoop van munisipale grond
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 11, 2025
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit vermoed 'n sindikaat is verantwoordelik vir die gevalle waar munisipale grond onwettig verkoop word.
Dit nadat 'n voormalige wykskomiteelid wat grond van Mangaung probeer verkoop het 'n boete van R10 000 of 10 jaar tronkstraf opgelê is.
Netwerk24 berig die hoof van die departement van menslike nedersettings en beplanning, Nokuthula Chakane, sê Neo Khobotlo het munisipale grond teen R6 000 probeer verkoop. Hy is aan korrupsie skuldig bevind.
Chakane voeg by soortgelyke gevalle is in verskeie gebiede in die munisipaliteit aangemeld en daarom word geglo dat 'n sindikaat dalk betrokke is.
Sy sê daar was mense sonder enige verbintenis met die munisipaliteit wat selfs 'n sogenaamde "satellietkantoor" opgerig het om munisipale grond te verkoop.
VF Plus-raadslid in die metro, Braam Vorster, sê die verkoop van openbare grond aan desperate inwoners is nie net onwettig nie, maar beroof ook die gemeenskap van regverdige toegang tot behuisingsgeleenthede.






Comments