top of page

Mojadina wys vinger na munisipaliteite

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 8
  • 1 min read

Updated: Feb 9

Volgens die Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, kan volgehoue watertekorte grootliks toegeskryf word aan munisipaliteite se versuim om waterinfrastruktuur behoorlik te onderhou, asook ’n gebrek aan tegniese vaardighede.


Die watertekorte lei daartoe dat gemeenskappe dae lank sonder water sit.


SABC News berig haar opmerkings volg te midde van ’n nasionale waterkrisis.


Volgens Majodina het slegs 40 van die land se 257 munisipaliteite tot dusver op aanbevelings gereageer om waterlekkasies te herstel, onwettige aansluitings te verwyder en faktureringstelsels te verbeter.


Sy sê sowat 56% van behandelde water gaan verlore voordat dit huishoudings bereik, hoofsaaklik weens lekkasies, swak instandhouding en ’n tekort aan tegniese kundigheid.


Pemmy Majodina. FOTO: Facebook
Pemmy Majodina. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page