Moord en poging tot moord neem toe in die VS

Voorvalle van poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer is van die kontakmisdade in die Vrystaat wat toegeneem het. Dit is volgens die jongste misdaadstatistieke wat deur die polisie bekend gemaak is.
Netwerk24 berig sake van poging tot moord het met 72,5% toegeneem, terwyl voorvalle van aanranding met die opset om ernstig te beseer het met 3,4% gestyg het.
Motorkaping, veediefstal, diefstal uit ’n voertuig en voertuigdiefstal is van die misdade wat afgeneem het in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.
Rise Mzansi sê in ’n verklaring die land bly fundamenteel onveilig, veral vir die kwesbaarste mense in die samelewing.
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) sê in ’n verklaring Suid-Afrika het die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord verloor en beskryf dit as ’n skande vir die land se aansien.








Comments