Moroadi Cholota se vervolging is terugverwys na die Hooggeregshof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 23
- 1 min read
Die Konstitusionele Hof het beslis dat die vervolging van Moroadi Cholota terugverwys word na die Hooggeregshof in Bloemfontein.
Dit volg nadat die hof uitspraak gelewer het oor die Nasionale Vervolgingsgesag se appèl teen ’n vorige bevinding dat Cholota se uitlewering onwettig was. Regter Dunstan Mlambo het beslis dat hoewel die uitlewering onregmatig was, die Hooggeregshof wel die jurisdiksie het om haar te vervolg.
Cholota staan tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery wat verband hou met die Vrystaatse asbes-skandaal tydens Ace Magashule se tyd as premier van die Vrystaat.




Comments