Mosambiekers wat hul land onwettig wil binnegaan is in hegtenis geneem
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 24, 2025
- 1 min read
Die Grensbestuursowerheid sê meer as 50 Mosambiekers is deur die weermag in hegtenis geneem wat probeer het om dié land onwettig binne te gaan.
SABC-nuus berig die kommissaris van die owerheid, Michael Masiapato, sê sommige mense vermy die grenspos omdat hul paspoorte verval het terwyl hulle in Suid-Afrika was.
Hy sê hulle is bang dat hulle op die visum-beperkingslys geplaas word, wat beteken dat hulle vir vyf jaar nie na Suid-Afrika kan terugkeer nie. Masiapato sê mense wat aangekeer is, se vingerafdrukke is geneem en hulle is op die lys geplaas voordat hulle aan die Mosambiek-kant van die grens vrygelaat is.
Intussen sê Masiapato meer as 300-duisend mense het sedert die begin van die feestyd die grens na Mosambiek by die Lebombo-grenspos oorgesteek. Dit sluit Mosambiekse burgers wat huis toe gaan en vakansiegangers in.
Masiapato sê drie stasies is opgerig om reisigers se dokumentasie te verwerk ten einde die wagtydperk by die grenspos te verminder.







Comments