Motoriste ignoreer waarskuwingstekens
- Saamgestel deur Jana Roos

- 7 hours ago
- 1 min read
Die N3 Tolkonsessie sê talle motoriste wat vanjaar vir die feestyd na KwaZulu-Natal reis, oortree die spoedgrens en ignoreer waarskuwingstekens by ongelukstonele - selfs in nat weerstoetstande.
SABC-nuus berig die Tolkonsessie sê dit maak dit baie gevaarlik vir personeel en paramedici om hulle werk by ongelukstonele te doen. Baie motoriste probeer deur die verkeer vleg waar daar opeenhopings is.
Hoë verkeersvolumes word weer van Vrydag tot Dinsdag verwag.






Comments