Motoriste kan in die toekoms meer betaal om die land se paaie te gebruik
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 16
- 1 min read
Suid-Afrikaanse motoriste kan in die toekoms meer betaal om die land se paaie te gebruik.
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, waarsku dat wydverspreide tolheffing nodig mag word om paaie in stand te hou.
Creecy het die moontlikheid geopper tydens die Departement van Vervoer se begrotingsstemming van R102-miljard, waar sy die groeiende finansiële druk op die land se padinfrastruktuur uiteengesit het.
Die minister sê dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap na verwagting vanjaar byna R31-miljard sal ontvang om Suid-Afrika se padnetwerk in stand te hou, te rehabiliteer, op te gradeer en uit te brei.








Comments