top of page

Motoriste word teen Vrystaatse paaie gewaarsku

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 15
  • 1 min read

Met die R59 tussen Parys en Vredefort wat bykans onrybaar geword het weens ernstige en groot slaggate, gebruik al meer motoriste die Schoemansdrift-pad as alternatiewe roete na Vredefort. Maar ook dié pad het nou verskeie slaggate met heelwat meer verkeer as wat die pad voorheen gedra het. Die Parys Gazette berig slaggate op veral die R59 van die N1 oorbrug tot by Kroonstad het motoriste al baie uit die sak gejaag weens skade aan bande en wielvellings, en daar word gevrees dat slaggate sal vererger met die reënseisoen wat voorlê. Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees en spoed te verminder.

 
 
 

Comments


bottom of page