Motoriste én sneeusoekers word gewaarsku
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Motoriste en sogenaamde sneeusoekers word aangeraai om nie na sneeugebiede te reis nie, aangesien gevaarlike wintertoestande reeds verskeie paaie raak.
Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer sê die R617 naby Kokstad is gesluit nadat sneeu begin uitsak het en 'n vragmotor vasgeval het.
Volgens die departement is die pad gesluit om te voorkom dat motoriste en sneeusoekers in die gebied vasgekeer word. Mense word ook aangeraai om hul reise uit te stel.
eNCA berig dat swaar sneeu gelei het tot die sluiting van die Barkly-, Penhoek- en Boesmanshoekbergpasse in die Oos-Kaap.
Intussen gons sosiale media ook oor berigte van sneeu en ysige toestande op die N1 tussen Colesberg en Bloemfontein, met 'n video wat die rondte doen.








Comments