Motorongelukke in Bloemfontein neem toe
- Armando Pieters

- Aug 19
- 1 min read
Daar was die afgelope maand ‘n geweldige toename in motorongelukke op Bloemfontein se paaie. So sê die woordvoerder van die VR Med-nooddiens, Pieter du Plessis. Netwerk24 berig die 24-jarige Ryan Ismail se alma mater, St Andrew’s School in Bloemfontein, het hul medelye met sy familie betuig, na hy Vrydag in ‘n botsing tussen drie voertuie op die hoek van Curielaan en Pasteurlaan oorlede is. Intussen sê polisiewoordvoerder, Loraine Earle, hulle is Vrydag na nog ‘n ongelukstoneel ontbied waar ‘n voertuig teen ‘n boom vas gery het, die 40-jarige bestuurder is ook op die toneel dood verklaar. Volgens du Plessis word die nooddiens tot tussen 7 en 11 ongelukke elke naweek in die stad ontbied. Van die grootste rede vir die ongelukke is mense wat te vinnig ry en nie by rooi verkeersligte stop nie.





header.all-comments