Mulder vra dat plaasaanvalle as ’n prioriteit hanteer word

1 day ago
1 min read
Die leier van die VF Plus, Corné Mulder, doen ’n beroep op president Cyril Ramaphosa om plaasaanvalle as ’n prioriteit te hanteer.
Dit volg op 'n plaasaanval Woensdagoggend op ’n boer van Noordwes, Donovan Marx, op sy plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp.
Rosestad-nuus het vroeër berig Marx is wreed gemartel en ook in die rug geskiet. ’n Plaaswerker wat tydens die aanval vasgebind was, het daarin geslaag om te ontsnap en hulp te roep.
Die aanvallers is luidens berigte op vrye voet en het na bewering in Marx se bakkie gevlug.
Mulder sê solank die land se president weier om plaasmoorde te erken, sal die aanvalle voortduur.
LUISTER HIER:
Corné Mulder









Comments