top of page

Munisipale ineenstorting laat landbougemeenskappe aan die kortste ent trek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1
  • 1 min read

Volgens Vrystaat Landbou (VL) is landbougemeenskappe die meeste blootgestel aan die gevolge van munisipale ineenstorting. Vrystaat Kroon berig volgens die organisasie kan sakeondernemings en selfs inwoners ander heenkome vind om die voortslepende uitdagings hok te slaan, maar dat die landbousektor ongelukkig gekoppel is aan hul geografiese ligging. Dit is juis daarom dat die landbousektor hoogs afhanklik is van ‘n funksionerende plaaslike regering. Gebrekkige dienslewering en infrastruktuur wat nie onderhou word nie kniehalter die landbousektor en plaas ook hewige druk op ekonomiese lewensvatbaarheid en vererger armoede. VL se vise-president, Friedl von Maltitz, sê die organisasie verwelkom die Cogta-komitee as nuwe toesigmodel vir munisipaliteite, en hoop dat dit meer druk op die munsipaliteite sal plaas.

 
 
 

Comments


bottom of page