‘n Anti-boelieveldtog is in die Vrystaat geloots
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Anti-boelieveldtog is in die Vrystaat van stapel gestuur nadat video’s van ernstige boeliegedrag by ’n skool in Bethlehem aan die lig gekom het.
Volgens die Sowetan wys die beeldmateriaal hoe leerders glo deur hul skoolmaats geboelie en verneder word.
Die burgemeester van Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit, Tseki Tseki, het die skool saam met die polisie, maatskaplike dienste en ander rolspelers besoek.
Hy het beklemtoon dat respek, dissipline en ouerbetrokkenheid noodsaaklik is om boeliegedrag te bekamp.
Owerhede het ook gewaarsku dat boeliegedrag ernstige regsgevolge kan hê, insluitend moontlike aanhouding vir minderjariges en ’n kriminele rekord.
Die veldtog fokus daarop om bewustheid te skep en leerders aan te moedig om mekaar met respek te behandel.








Comments