‘n Artritismiddel kan haarverlies omkeer

Sep 10
1 min read
‘n Kliniese proef waaraan 1 399 mense met ernstige alopecia areata – of haarverlies – deelgeneem het, het bevind dat die artritismiddel upadacitinib aansienlike haargroei kan bewerkstellig.
Deelnemers tussen die ouderdomme van 12 en 64 het ten minste die helfte van hul kophare verloor. Soveel as 44 % van wat 15 mg geneem het, het ná 24 weke’n haardekking van ten minste 80 % op die kopvel en wenkbroue bereik, in vergelyking met met 55 % by diegene wat die dosis van 30 mg ontvang het.
Tussen 13 % en 22,5 % het al hul kophare teruggekry.
Die vervaardiger van die middel het die proef befonds.








Comments