'n Bedreigde ietermago word van smouse gered
- Ilde Roos
- Oct 6
- 1 min read
'n Hoogs bedreigde en verswakte ietermago is gered nadat twee polisiesersante die diertjie glo probeer verkoop het.
Netwerk24 berig die dier is al die pad van Sun City in Noordwes in ’n harde krat in ’n bakkende bagasieruim tot in Pretoria rondgeskud.
Ray Jansen van die African Pangolin Working Group sê inligting is ontvang van iemand wat ’n wyfie-ietermago wou verkoop, en toestemming is by die vervolgingsgesag bekom om ’n wettige lokval te stel. Die verdagtes was glo in so ’n goeie luim oor die “transaksie” dat hulle nie besef het hulle het in ’n polisielokval beland nie.
Die vier het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.
'n Veearts vermoed die diertjie het twee weke laas geëet, en was net bereid om te sê die prognose is "voorbehou".

Comments