‘n Bedrogsaak keer nie ‘n SANW-kolonel se kursus in Kuba nie

’n Kolonel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat op bedrog teregstaan, is vir ’n spesialiskursus in rampbestuur in Kuba gestuur.
Netwerk24 berig Kol. Josinah Kwene Kgomo, wat in 2024 as bevelvoerder van die bedryfsopleidingskool in Pretoria aangestel is, word van die verduistering van meer as R500 000 aangekla.
Volgens die berig het sy intussen glo twee van die skool se voertuie gestamp, ’n skootrekenaar verloor en kontant in haar kluis gehou pleks daarvan om dit in te betaal.
Die SANW vereis dat soldate slegs vir buitelandse kursusse oorweeg word indien hulle geen misdaadgeskiedenis of uitstaande sake het nie.
Die kursus kos die weermag sowat R1.5 miljoen per student per jaar, insluitend kursusgeld, verblyf en kos.
Die SANW het nie op vrae oor Kgomo se keuring gereageer nie.








Comments