‘n Bendelid op parool skiet glo twee polisielede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 11
- 1 min read
Updated: Aug 12
'n Bekende bendelid wat volgens die polisie op parool was, is in hegtenis geneem in verband met die moorde op twee polisielede en twee vroue in Reiger Park.
Nuusflits berig twee R5-gewere wat aan die polisie behoort, is tydens 'n operasie in Germiston teruggevind.
Die man het volgens die polisie verskeie uitstaande sake wat nog voor die hof dien, waaronder twee aanklagte van moord, twee van poging tot moord en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen.
Die ondersoek na die Reiger Park-moorde duur voort en verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.







Comments