top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Beroep op waaksaamheid word gedoen soos a-pokke toeneem

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago
1 min read

Die Departement van Gesondheid het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om waaksaam te wees te midde van ’n toename in gevalle van a-pokke.


Daar is 18 bevestigde laboratoriumgevalle en een waarskynlike geval teen Donderdag aangemeld. Vyftien gevalle is in die Wes-Kaap aangemeld, drie in Gauteng en een in KwaZulu-Natal.


Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit vereis onmiddellike en volgehoue samewerking van die publiek om verdere verspreiding van die virus te voorkom.


Mohale sê enigiemand wat simptome ervaar moet so gou as moontlik hul naaste gesondheidsorgfasiliteit besoek.


LUISTER HIER:


Foster Mohale

Ter illustrasie. FOTO: Bhekisa Centre for Health Journalism
Ter illustrasie. FOTO: Bhekisa Centre for Health Journalism

 
 
 

Comments


bottom of page