‘n Bfn-kunstenaar verteenwoordig Suid-Afrika op ‘n Afrika-verhoog
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 26
- 1 min read
’n Bloemfonteiner in murg en been gaan Suid-Afrika by die African Monologue Challenge in die Ivoorkus verteenwoordig.
Melane Hamman sê aan Rosestad-nuus die kompetisie is ’n Pan-Afrika storievertellings- en kulturele diplomasie-inisiatief wat Afrika-stemme en eenheid bevorder.
Sy is die enigste deelnemer uit Bloemfontein én die enigste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in die kompetisie se Top 10 — ’n prestasie wat sy as ’n groot eer beskryf.
Sy vertrek einde Maart na die Ivoorkus vir ongeveer ’n maand waar sy saam met ander finaliste aan optredes, uitruilings en kulturele programme sal deelneem.
Hamman sê sy sien uit daarna om ‘n nuwe land met sy kulture te verken, maar meeste van alles om meer te leer en as ‘n kunstenaar te groei.







Comments