top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bfn raadslid is tydens ‘n kabeldiefstal-insident beseer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

’n Raadslid van Bloemfontein is Donderdag in die vroeë oggendure met ’n baksteen in die gesig gegooi toe hy ’n buurman in ’n struweling met ’n kabeldief probeer help het.


Netwerk24 berig wyk 18 se DA-raadslid, Greg van Noord, sê sy honde het hom omstreeks 04:00 wakker geblaf, waarna hy gaan ondersoek instel het toe hy 'n gekap hoor.


Van Noord het afgekom op ’n buurman wat in ’n struweling gewikkel was met die kabeldief, wat hy op heterdaad nie ver van hul huise nie betrap het. Van Noord het die dief weggeruk en hulle het op die grond geval.


Terwyl Van Noord en die man op die grond gestoei het, het die buurman in die mangat geval waar die dief vroeër besig was om kabels af te kap. Die dief het ’n makker nadergeroep wat met ’n baksteen aangehardloop gekom en Van Noord in die gesig gegooi het.


Die mans het gevlug en Van Noord het sy buurman uit die gat gehelp. Die buurman is nie ernstig beseer nie. Van Noord het ’n sny aan sy regterwang wat by ’n hospitaal behandel is.


Greg van Noord. SKERMGREEP: Facebook
Greg van Noord. SKERMGREEP: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page