‘n Bloem-leerder se vermeende ontvoerder is weer in die hof
- Nadia Pieters

- Oct 15
- 1 min read
Die Bloemfonteinse polisiesersant, Nzima Adoons, wat meer as vier maande gelede in hegtenis geneem is vir die beweerde ontvoering van die 19-jarige Kamogelo Baukadi, het weer vlugtig in die hof verskyn.
Netwerk24 berig die saak is tot 1 Desember vir vedere ondersoek uitgestel. Adoons wat vroeër vanjaar op borgtog van R2 000 vrygelaat is, bly op vrye voet onder streng voorwaardes.
Adoons word daarvan beskuldig dat hy saam met ander mans in polisie-uniform betrokke was by die ontvoering van Baukudi in Ehrlichpark.
Die jong man is later ongedeerd op ‘n grondpad buite Wepener gevind.
Die mans wat aanvanklik saam met Adoons in hegtenis geneem is, is intussen weens ‘n gebrek aan bewyse vrygelaat.






Comments